Geroosterde biefstukslaai op ‘n bed van Parmesaankrummels

Genoeg vir 6 persone
400 g gaar biefstuk
130 g parmesaankaas, gerasper
120 g botter
150 g koekmeel
1 wortel, fyn gekap
1 rooibosteesakkie (en 200 ml warm water)
‘n Verskeidenheid blare en kruie
4 radyse, in skyfies gesny
1 appel, fyn gekap
Sap van een suurlemoen
100 ml gevlokte en geroosterde amandels
2 eiergele
200 ml canola olie
Sout en peper na smaak
1 knoffeltoon, fyn gekap
20 ml balsamiese asyn reduksie

Metode:
Vryf die botter en meel saam. Rasper die parmesaankaas in die mengsel en meng goed. Skep dit op ‘n silikoonmatjie en bak teen 180 grade vir ongeveer 8 tot 10 minute. Haal uit die oond en maak dit lekker los met ‘n vurk sodat dit krummels maak. Dit sal verhard as dit afkoel.

Sny intussen die gaar biefstuk in dun skyfies, plaas die appelstukkies in die helfte van die suurlemoensap en kook die gekapte wortel vir ‘n paar minute in rooibosteewater.

Om die Aioli slaaisous te maak:
Gebruik ‘n elektriese menger en meng die knoffel, eiergele en die res van die suurlemoensap goed saam met sout en peper. Gooi die canola olie bietjie vir bietjie by terwyl jy steeds meng totdat die mengsel ligter raak en verdik.

Plaas die biefstuk, appels en wortels saam met die blare op die parmesaankrummels.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 112 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *