KERRIE AARTAPPELS EN KASJOENEUTE GEREG

Die geure kombineer goed en komplementeer mekaar uitstekend, die verskeidenheid groente is voedsaam en ‘n mens kan lekker inklim, want dit maak nie vet nie.

Bestanddele
30ml olie
10ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekneus
10ml matige kerriepoeier
5ml borrie
1ml kaneel
300g baba aartappels, gehalveer
100g kasjoeneute
410g blik heel tamaties, grofgekap
45ml blatjang
125ml groente aftreksel
200g pampoen, in blokkies gesny
200g broccoli blommetjies
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olie en botter in ‘n groot swaarboomkastrol. Soteer die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die kerriepoeier, borrie en kaneel by en roerbraai vir een minuut. Voeg die aartappels, neute, tamatie, blatjang en groente aftreksel by, bedek en laat saggies prut vir 10-15 minute. Voeg die pampoemblokkies en broccoli by en laat verder prut totdat die groente sag maar nog bros is en hul vorm behou. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Geur met sout en peper. Sit voor met piesangskywe en blatjang. Bedien 4 porsies.

WENKE
Dit is ‘n goeie idee om die vloeistof waarin die gaar groente gekook word, te hou. Dit kan gevries word en dan later weer nuttig gebruik word as basis vir aftreksel. Gaar groente moet nooit pap en geurloos wees nie. Sien toe dat die bros tekstuur behoue bly.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 147 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *