KORSLOSE KAAS- EN HOENDERTERT

Met vergunning www.http://peterjasie.co.za/

Bestanddele
Botter vir smeer
4 grt aartappels
3 eiers, geklits
grasuie
pietersielie
basiliekruid
1 k gerasperde sterk kaas
2 k fyn, gaar hoender
2 E mayonnaise
1 E tamatiepuree
½ k room
swartpeper
Voer ‘n losboompan met aluminiumfoelie en smeer met botter Kook die aartappels tot halfgaar en rasper.
Voorverhit die oond tot 180°C/350°F.
Meng die aartappels met die eiers, grasuie, kruie en helfte van die
kaas.
Smeer helfte van die mengsel oor die pan se boom.
Meng die fyn hoender met die mayonnaise, tamatiepuree, room en bietjie peper. Smeer oor die mengsel in die pan.
Bedek met die res van die aartappelmengsel en sprinkle die orige kaas
oor.
Bak 1 uur in die oond.
Bedien warm of koud.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 563 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *