Lemoen-oliebolle met Sjokoladesous

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
125 ml strooisuiker
1 eier
250 ml Amasi
5 ml vanielje-ekstrak
15 ml lemoenskil
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
750 ml canola olie vir diepbraai

Metode:
Meng al die nat bestanddele stadig en voeg die droeë gesifte bestanddele stadig by. Rol in balletjies en diepbraai vir 5 minute tot ligbruin en deurgaar.

Sjokoladesous
300 g donker sjokolade
25 ml lemoenlikeur
200 ml room

Verhit die room tot net voor kookpunt. Voeg die blokkies sjokolade en likeur daarby en laat staan ‘n rukkie. Meng dan tot heeltemal opgelos en romerig.

Versuikerde lemoenskil:

50 ml lemoenskil
10 ml water
60 ml strooisuiker
Knypie kaneel

Sny die lemoenskil baie fyn. Meng al die bestanddele saam en gooi oor die lemoenskilletjies. Plaas op ‘n bakplaat en laat droog uit in die oond vir ongeveer 25 minute teen 80 grade Celsius.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 201 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *