Mattheus 18:1-5

Austin Higgs

‘N KIND KAN VERSTAAN.

Mattheus 18:1-5: “As julle nie …soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie” (vs. 3).

Dr. Walter L. Wilson vertel in Sunday School Times, hoe hy Johannes 3:16 gebruik het om ‘n seuntjie te help om Christus as sy Saligmaker aan te neem. Hy het die vers aangehaal en die woordjie GEE beklemtoon: God het die wêreld so lief gehad, dat Hy Sy enigste Seun GEGEE het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Hy het die seuntjie laat verstaan dat Christus God se gawe aan die wêreld was, en toe gevra: “Maak die gee van ‘n geskenk dit al joune?” Ewe slim antwoord die seun: “Nee, eers as jy dit neem is dit joune.” “Dis waar”, antwoord die dokter, “so Christus moet eers aangeneem word, voor Hy jou Verlosser kan wees. Ek is ‘n dokter en ek wil mense gesond maak. Is ek julle dokter?” Die seuntjie skud sy kop. “Hoekom is ek dan nie julle dokter nie?” vra dr. Wilson. “Want ons het Dokter nie vir ons dokter geneem nie.” “Jy verstaan dit baie goed. Jesus Christus is die Verlosser, maar Hy is nie jou Verlosser, as jy Hom nie as jou Verlosser aanneem nie, nê. Wil jy dit nie nou doen nie?” Die Seuntjie knik. Hulle buig hulle hoofde en net daar, met ‘n paar eenvoudige, kinderwoorde neem die seuntjie die Here Jesus Christus aan as sy Verlosser.

Ons is net so lank nie ‘n kind van God nie, as wat óns dit uitstel om Christus aan te neem as ons eie Verlosser. Hoe lank wil God dit uitstel? Jesaja 1:18 gee die antwoord: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here, al was julle sondes soos skarlaken dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

Here, vandag neem ek U geskenk van redding aanin Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 113 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *