Pangebraaide Garnale met Gestoomde Kerrievla

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
300 ml Dewfresh Room
150 ml eiers
15 m kerriepoeier
1 uie
2 knoffeltone
6 garnale
15 ml paprika
5 ml rooipeper
10 ml knoffelpoeier
10 ml tiemie
10 ml oreganum
1 suurlemoen se skil en sap
30 g botter
200 ml mikrokruie
15 ml Willow Creek Basamiese Asyn
Willow Creek Directors Reserve Olyfolie
10 Willow Creek swart olywe, ontpit en fyn gekap
250 ml mikrokruie en eetbare blomme

Metode:
Braai die uie en knoffel in die olyfolie vir ‘n minuut of wat. Voeg die kerriepoeier by en braai vir nog ‘n minuut voor jy die room byvoeg. Laat staan vir ongeveer 20 minute sodat die geure kan intrek en gooi dan die mengsel deur ‘n sif.

Klop die eiers in ‘n mengbak en voeg ‘n knippie sout en peper by. Voeg dit by die kerrieroommengsel en skep dit in ‘n paar petribakkies. Laat stoom teen 80 grade vir 4 minute.

Kombineer die paprika, rooipeper, knoffelpoeier, oreganum, tiemie, sout en peper in ‘n klein bakkie om ‘n heerlike speserymengsel te maak. Marineer die garnale in die speserymengsel saam met die suurlemoenskil en suurlemoensap voor jy dit in die olyfolie braai vir ongeveer 90 sekondes op ‘n kant.

Meng olyfolie en balsamiese asyn en gooi dit oor die mikrokruie en swart olywe. Bedien met ‘n sprinkeltjie sesamsade, nog mikrokruie en een of twee garnale bo-op die kerrievla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 147 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *