Portugese Hoendersop

Genoeg vir 6 persone
Resep van Emeril Lagasse

Bestanddele
1 Hoender, in stukke gesny
1 selderystingel, grof gekap
1 ui, grof gekap
3 knoffeltone, fyn gekap en gekneus
4 stingels pietersielie
2 stukkies suurlemoenskil
4 kruisementstingels
1/4 teelepel gekneusde rooipeper, na smaak
500 ml water of hoenderaftreksel
1/4 koppie rou rys
1/2 suurlemoen se sap
1/4 koppie kruisementblare, fyn gekap
Sout en rooipeper na smaak

Metode:
Voeg die hoender, seldery, ui, knoffel, pietersielie, suurlemoenskil, kruisementblare en gekneusde rooipeper saam met die water/aftreksel in ‘n pot. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute of tot die hoender sag is. Verwyder dan die hoender van die sop en plaas op ‘n bord om af te koel. Gooi die sop deur ‘n sif en gooi die oortollige groente weg. Gooi die aftreksel terug in die pot en laat afkook tot ‘n geurige boeljon. Voeg die rys by die aftreksel en laat kook tot dit gaar is.

Wanneer die hoender afgekoel het, verwyder die vleis van die bene en vlok dit in klein stukkies. Voeg dit by die boeljon en rys en kook vir ongeveer 3 tot 4 minute. Voeg suurlemoensap, kruisement, sout en rooipeper na smaak by en laat kook vir nog so 3 minute. Bedien dadelik, gegarneer met suurlemoenskyfies en kruisementblaartjies, of nes jy wil.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,114 times, 7 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *