Psalm 1:1

Austin Higgs

VREESLIK GELUKKIG.

Psalm 1:1: “Welgeluksalig is die man…”

Wat beteken hierdie woord “welgeluksalig”?

Ek het in ander vertalings van die Bybel gaan kyk hoe lees die aanhef van Psalm 1.

In die Amplified Bible sê dit: “Blessed” (Happy, fortunate, prosperous, and enviable). Gelukkig, Voorspoedig, Vooruitstrewend, Benydenswaardig.

As mens nou na vers 2 en 3 kyk, sê die psalmis dat dit vir hierdie mens lekker is om hom te verlustig in die Woord van die Here en dit dag en nag te oordink – daaroor peins, totdat die dieper betekenisse daarvan vir hom oopgaan. Dan word hy soos ‘n boom wat langs ‘n standhoudende stroom geplant is. Dit groei goed, dra vrugte soos dit moet en leef voorspoedig.

Dit is my strewe: om voorspoedig, vooruitstrewend, gelukkig en benydenswaardig te wees. En ek kan en mag dit wees volgens die belofte in Psalm 1. Al wat ek moet doen, is om toe te laat dat die Woord van die Here in my is en ek daarin, dan sal dit met my so goed gaan.

Here, help my vandag deur U gees om U Woord te bepeins totdat dit vir my ‘n leefstyl word I Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *