Psalm 139:7

Dinsdag 2 Junie 2015 Tema: Hoor en luister 2

****My eie woorde

**** Ons het gister gesien hoe Jona probeer wegvlug van die HERE af teen Sy opdrag. In vandag se Psalm sien ons hoe Dawid bevestig dat ons nie van Hom af kan wegvlug nie, want Hy is oral. Hy sê selfs die duisternis is vir Hom nie donker nie, want God is Alwetend, Alsiende, Alomteenwoordig onsterflik.
Sovele keer hoor mens dat mense sê hulle hoor God met hulle praat maar hulle sal nog …..uitstel uitstel uitstel. Ek gaan nog, ek wil nog , ek sal nog ….. en dan op ‘n dag is die kans verby. As ek en jy wag tot ons reg is, sal ons vir altyd wag want ek en jy kan nie regmaak wat verkeerd is nie net die HERE kan dit in ons en vir ons doen dit. Kyk gerus na vers 16 . die HERE sê toe ons nog in ons moederskoot was en nog nie eers mooi gevorm was nie , toe het Hy ons al geken. Wat ‘n kosbare gedagte om te weet die Skepper God wat die heelal gemaak het Hy ken vir my en jou ‘n spikkeltjie in die heelal.

Psalm 139:7
7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? 8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! 9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, 10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. 11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, 12 dan is selfs die
duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. 13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Heb 4:7
bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *