Psalm 3:6

Austin Higgs

WANT DIE HERE SORG VIR MY.

LEES: Psalm 3:6: “As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.”

Hoeveel mense het jy al van gehoor wat ‘n slaapafwyking het? Hulle kan nie slaap nie, of hulle snork, of hulle droom oor die vreeslikste goed.

Ek het al dikwels gehoor van sulke mense en dit ondervind dat as iemand so vreeslik snork, dat hy homself wakker snork. En dan daardie vreeslike nagmerries. Honde wat jou jaag! Of ‘n motorongeluk wat jou oorkom. Of allerhande sulke nare dinge.

Nou sê Dawid in hierdie vers, dat dit nie saak maak dat hy voor sy vyande uit moet vlug nie. Dit maak nie saak dat mense die vreeslikste stories oor hom versprei nie. Al wat saak maak, is dat die Here vir hom sorg. Daarom kan hy gaan lê en slaap, wakker word, en geen bekommernis hê nie.

Hoe lyk jou vertroue in die Here? Bekommer jy jou so oor wat môre gaan gebeur, dat jy nie rustig kan slaap nie? Wel, hier is jou oplossing: glo onwrikbaar dat die Here vir jou sorg. Dan gaan lê en slaap jy sonder om jou te bekommer, met die wete dat jy gaan wakker word. En dit net omdat die Here vir jou sorg!

Dankie dat ek kan gaan slaap en wakker word, omdat ek weet dat U vir my sorg, Here!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *