Spreuke 20:4

Dinsdag 9 Junie 2015 Tema: Die seisoen in ons lewe 2
****My eie woorde
**** Die volgende seisoen is herfs. Herfs is eintlik so ‘’n
pragtige tyd met al die kleure van die blare wat val. Herfs is
ook die tyd van waarskuwing dat die Winter voor die deur is
Vandag se gedeelte is nogal ‘’n moeilike deel in ons tye
vandag. Daar is diegene wat wil werk maar hulle kry nie werk
nie. Daar is diegene wat nie wil werk nie en dan is daar
diegene wat werk het maar dit halfhartig doen. Dan is daar
diegene wat soveel druk ervaar dat hulle al hulle ywer en
passie verloor het. Die belangrikste deel vir ons elkeen is om
dit wat jou hand vind om te doen met mag te doen. Onthou
wanneer jy hard werk sal die HERE vir jou sorg.

Spreuke 20:4 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy
iets in die oestyd, dan is daar niks nie.
2Thess3.10 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit
altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet
nie.11 Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik
wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.
12 Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here
Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
Prediker 9:10 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit
met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of
wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.

Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
DAGSTUKKIES:

Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 129 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *