Stampkoringslaai

Bestanddele
250ml stampkoring
1 x 410g blik perskeskywe
1 soetrissie
2ml mosterdpoeier
125ml mayonnaise
sout en peper
1 kookappel
1 uitjie

Metode
Kook stampkoring sowat 45 min of tot sag – gooi in vergiettes en spoel met koue water af. Laat goed dreineer. Meng mayonnaise en mosterd.
Kap ui – sny appel in dobbelsteentjies en ontpit – sny soetrissie in repe. Dreineer perskes en sny kleiner. Plaas alle bestanddele in slaaibak. Geur met sout en peper en meng met twee vurke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 780 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *