VARKVLEIS-PYNAPPELBREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
500g varkvleis in blokkies gesny
olie
1 ui, fyn gekap
halwe soetrissie, ontpit en in stukke gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
15ml vars gemmer, fyn gerasper
1 heel kruienaeltjie
1 kaneelstok
1 lourierblaar
30ml matige kerriepoeier
250ml rou rys
1 blik (440g) pynappelstukke
500ml hoenderaftreksel
30ml wynasyn
sout en swartpeper na smaak

Metode
Braai die vleisblokkies in ‘n klein bietjie olie in ‘n swaarboomkastrol tot effe bruin. Voeg die ui, soetrissie, knoffel en gemmer asook die heel speserye by en braai effens. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 1 minuut lank. Voeg die rys by en meng deur. Voeg dan die pynappelstukke en sap, aftreksel en asyn by. Verlaag hitte, bedek en laat 45 minute –1uur lank prut totdat die vleis en rys sag en die meeste vloeistof geabsorbeer is. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 233 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *