SONDAG AAND SEEKOS

Hierdie resep kom van Laurna Coetzer af.

My man, Boeta, het gister aand (Sondag) n pak gemengde seekos en een verlore Hake fillet in die vrieskas ontdek, en dis wat hy gedoen het:

Ek noem dit sommer:
SONDAG AAND SEEKOS
Genoeg vir 3 stewige, of 4 klein porsies

BESTANDDELE:
1 Pak Gemengde seekos. (hierdie een was n 700g pak, die wat mens by spar kry is kleiner)
1 Vis Fillet (Hake)in stukkies gesny (Daar is mos gewoonlik nie baie vis in die pak nie, so die Hake het handig te pas gekom.
1 fyngekapte Ui
1 of 2 toontjies knoffel
1 Gedroogde rooi rissie met pitjies, fyn opgesny (opsioneel)
Olyfolie, n goeie skeut
Botter (Margarine), +- 2 eetlepels
1 Eetlepel Suurlemoensap
2 Teelepels Robertson’s se Spice for Fish
Pietersielie fyngesnipper

Gaar Rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)

METODE:
Wanneer die seekos ontdooi is, haal die krap-rolletjies uit en hou eenkant.
In n pan, braai die knoffel, fyngekapte ui en rissie in die olie en botter vir n minuut, moenie verbruin nie.
Roer deurentyd.
Voeg die seekos sonder die krap-rolletjies by. Moenie die stukkies Hake vergeet nie.
Strooi die Spice for Fish oor.

Die krap-rolletjies gaan laaste in (anders word hulle te pap, se Boeta)
(vir die foto het ek die krap-rolletjies in klein ringetjies gesny)
Voeg die suurlemoensap by.
Dit behoort n effense sousie te he, maar as te droog, gooi nog botter en n bietjie olyfolie by.

Bedien met rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)
Rond af met Pietersielie.

Jy kan natuurlik ook Room bygooi of die resep aanpas na smaak.

(Vir n voorgereg, laat die seekos droog braai, meng met mayo en bedien op blare)

Heerlik!!!! of soos Sjef Jeroen Meus van kanaal 431 se Smaaklik tot more aand!

unnamed (1)

Groete
Laurna

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 759 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *