Boeta se Brood

Hi Liplekker Resepte!!
 Boeta se Brood 100_1776 100_1741 100_1735
Hierdie brood het nie n resep nie. Hy was regtig n POTLUCK want ons het nie geweet wat uit die pan gaan kom nie.
Die rede hoekom ek vir julle die foto’s stuur, is eintlik te goed om waar te wees.
Ek het klaargemaakte deeg by die Spar gekoop die  Dinsdag aand, en dit in die yskas gesit met die plan om Woensdagoggend n broodjie te bak…….en so raak ek besig …..
Die Sondagmiddag  daarna, 5 dae later,  krap my man Boeta in die yskas en ontdek die plastieksak met die deeg in wat BAIE plat was.
Ek was natuurlik dadelik in die moeilikheid, want ons probeer regtig om nie met kos te mors nie.
“O” se ek toe ter versagting    “ ek toets eintlik hoe lank winkeldeeg hou” (my vingers was agter my rug gekruis).
Boeta knie toe die deeg nadat hy daaraan geruik en goedgekeur het, vorm dit en sit dit eenkant in n gesmeerde broodpan vir so driekwart uur. Nogal redelik gerys ook.
Bak dit toe vir 40 minute by 175 grade en Voila! Kyk hoe lyk die brood!
Die tekstuur buite om was amper soos Ciabatta en het ook die kenmerkende “suurdeeg” reuk gehad. Binne was die tekstuur sag, nie lig nie, maar heerlik.
As ek weer winkeldeeg koop, gaan dit beslis weer n paar dae in die yskas deurbring voor brood gebak word!
Verskoon my onkunde, maar ek het nie gedink dat  deeg so lank sou hou nie. Ek weet wel suurdeeg plantjies word vir jare en jare lewendig gehou?
Ek sal kommentaar van die lesers waardeer.
Vriendelike Groete
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 464 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Boeta se Brood”

  1. Aggggge neeeeeeeeeee!!! Ek het laas week my “pap” deeg weggegooi NOU is ek so vies vir myself! Ek’t gedink dit kan nie werk nie. Baie, baie dankie ek gooi ook nie weer my deeg weg nie. Dankie dat jy ons on-ingelig-tes laat weet want anders hou ons aan om dom te wees!

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *