Handelinge 17:9–15

Austin Higgs

HOE LANGER, HOE SWAARDER.

Handelinge 17:9–15 (Ou Vertaling): “…Lídia…’n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is” (vs. 14).

‘n Wetenskaplike het in ‘n bergreeks eksperimente uitgevoer, vertel J. Wilbur Chapman in The King’s Business. Die inboorlinge het hom met ‘n tou, waaraan ‘n sitplek vasgebind was, oor die afgrond laat afsak na die bestemde rotslys. Elke keer voor hulle hom laat afsak, toets hulle eers sy gewig of hulle hom weer sal kom optrek. Een keer moet hulle hom al verder en verder laat afsak, totdat hulle tou op die einde gekom het. Na hy sy dagtaak voltooi het, gee hy die teken om opgetrek te word. Hulle gryp die tou en begin trek, maar hulle kry nie reg om hom te lig nie. Hulle trek en beur en pluk, maar tevergeefs. Hy moet wag totdat hulle meer manne kon kry en toe trek hulle hom op. Die wetenskaplike se verklaring vir die voorval is, dat die groot lengte tou wat afgelaat moes word, se gewig, gevoeg by sy eie gewig, die vrag net te swaar gemaak het.

Nou skryf Wilbur Chapman hieroor: “I know why a man of fifty years or older has a harder time to surrender to God than when he was younger. He must lift against his past refusals. You say, ‘no’, to God, and your heart is hardened. You say, ‘no’, and your will becomes stubborn, and if you are finally lost, the responsibility is not with God.”

Weerstand teen die Here se werking in ons hart, bring verharding in die hart te weeg. Verwelkom die klop aan die deur van die hart. “‘Menere, wat moet ek doen om gered te word?’ Hulle antwoord: ‘Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word…'” (Handelinge 16:31).

Here, vandag luister ek na U in Jesus Naam.

“…Gee aan Hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug” (Jesaja 26:3-4). Wanneer jy ‘n gebroke verhouding moet herstel, moet jy besef: geen vriendskap, geen huwelik, geen mens is volmaak nie. Neem ‘n besliste besluit om te sorg dat die verhouding moet uitwerk. Julle kan oor ‘n ‘wapenstilstand’ ooreenkom: gee liefde, wees verdraagsaam en bring harmonie. Dan verander ‘n moeilike situasie in ‘n wonderlike verhouding.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *