1 Korintiërs 13: 4 – 8.

Austin Higgs

DIE GROOTSTE VAN ALLE GESKENKE .

Omdat God my liefhet, raak hy nie ongeduldig met my nie.

Omdat God my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. Hy vergeet daarvan.

Omdat God my liefhet, sê Hy nooit daar is nie meer hoop vir my nie. Hy werk eerder geduldig met my, en dissiplineer my op so ‘n wyse dat dit vir my moeilik is om te begryp hoe diep Hy oor my besorg is.

Omdat God my liefhet, laat Hy my nooit in die steek nie, al doen baie van my beste vriende dit.

Omdat God my liefhet, ondersteun Hy my wanneer ek ‘n punt van wanhoop bereik; as ek myself sien soos ek regtig is – en dit dan vergelyk met sy geregtigheid, sy heiligheid, skoonheid en liefde.

Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan glo dat God my liefhet. Jy, die grootste van alle geskenke, is God se volmaakte liefde. Gebaseer op 1 Korintiërs 13: 4 – 8.

((o)) 000ooo000 ((o))

VREUGDE IS VIR ALTYD

Wanneer ‘n mens lag is dit asof jy in jou binneste begin draf – jou geheime oefenprogram.

Jy het geen beheer oor die verlede nie, maar jy kan ‘n taamlik gangbare hede verwoes deur jou oor die toekoms te verknies.

‘n Mens kan besluit hoe gelukkig jy wil wees.

Verryk die lewe van ander mense met alles tot jou beskikking en jou eie beker van vreugde sal gou-gou oorloop.

Die beste skoonheidskuur is ‘n gelukkige hart en ‘n vreugdevolle gees.

Hoop op die beste. Wees voorbereid op die ergste, en gaan alles glimlaggend tegemoet.

Lente is God se manier op elke jaar te sê: “Nog ‘n keer!”

Lag gee smaak aan die lewe – soos out oor ‘n eier.

Genot is vlietend en kan binne sekondes verdwyn. Maar blywende vreugde kom van die Here, en bly stroom deur jou hart soos ‘n diep rivier.

Die rede waarop Christene so vol vreugde kan wees is omdat Christus gister gesterf het, vandag leef en more weer kom.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 227 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *