Beesvleis met ’n biersous

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
sonneblomolie, vir potbraai
500 g kits-steaks (‘minute steaks’), in dun repe gesny
30 ml botter
2 uie, middeldeur en fyner gesny
20 ml meel
300 ml biefaftreksel
200 ml bier (of gebruik nog biefaftreksel)
’n takkie vars tiemie (of 1 ml droë tiemie)
fyn aartappel en groente, om voor te sit

Metode
Verhit ’n groot swaar-boom pan oor hoë hitte. Gooi ’n bietjie olie in sodra die pan vuurwarm is en dan die helfte van die vleis. Roerbraai tot mooi bruin, skep uit en herhaal met die res van die vleis.
Verhit die botter in dieselfde pan. Voeg die ui by en roerbraai dit oor matige tot lae hitte tot goudbruin. Roer die meel in. Voeg die aftreksel bietjies-bietjies by terwyl jy roer. Voeg die bier en tiemie by. Prut vir 5-10 minute tot die sous verdik het. Roer af en toe. Voeg die meel by die sous en geur dit. Sit voor met fyn aartappel en groente.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *