DENNINGVLEIS:

Anna Eksteen

Denningvleis het die Maleiers vir ons gegee. Die woord beteken gegeurde vleis. As jy nie tamaryn in die hande kan kry nie, kan jy ‘n bietjie suurlemoensap of ‘n kwartkoppie asyn gebruik. Maar tamaryn is eintlik die regte ding.

Bestanddele
12.5ml skaapvet
2 knoffelhuisies gekneus
2 uie in ringe gesny
10ml suiker
1 kg dunrib of boudvleis (skaap)
4 kruie naeltjies
4 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
sout en peper
raspertjie neutmuskaat
125ml water
2.5ml tamaryn
nog 125ml water

Metode
Smelt die skaapvet in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die knoffelhuisies en die uie daarby. Strooi suiker oor en smoor so in die pan tot die uie goudkleurig is. Skep uit en sit die vleis in die kastrol. Die vleis moet in stukkies gesny wees. Braai dit ook tot dit begin verkleur. Voeg nou die kruie naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, sout, peper en ‘n raspertjie neut by die vleis en skep die uie en knoffel terug in die pot. 125ml water kom by, die deksel word opgesit en dan word die vleis gestowe tot sag. Dit neem ongeveer 1 tot 1½ uur. Week intussen die tamaryn in die orige 125ml water. Syg die water deur ‘n fyn sif en voeg dit by die vleis. Laat weer stowe, net so ‘n rukkie om die geure goed te meng, en sit voor met rys of gekookte aartappels.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 831 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *