Glutenvrye resepte

Vickie de Beer & Salomé Delport

Ná kosallergieë by ons kinders gediagnoseer is, moes ons albei nuut kyk na hoe ons vir ons gesinne kook. Eers voel die beperkings oorweldigend, dan raak dit ’n uitdaging, en uiteindelik sowaar ’n avontuur. Omdat soveel van ons lesers om verskillende redes ook koring, suiwel en/of eier uitsny, deel ons graag ons beproefde resepte en al die wonderlike hulpmiddels, geheime en oplossings wat die lewe vir ons gesinne makliker maak.

Ons deel planne vir van ontbyt tot verjaardae en al daardie spesiale geleenthede wanneer allergieë ’n mens regtig vang.

Ontbyt

Wat wil jy meer hê as muffins, pannekoek of brood warm uit die oond vir ’n fees van ’n ontbyt? Met hierdie drie staatmakers en hul basiese meelmengsels kan jy van gevulde pannekoekies tot Franse eierbrood (as eiers jou beskore is) en ’n Engelse ontbyt met muffins optower.

Basiese glutenvrye witbroodmeel
maak 1 140 g (2 273 ml)

330 g (495 ml) aartappelmeel
330 g (660 ml) mielieblom
165 g (413 ml) tapiokameel
165 g (330 ml) rysmeel
150 g (375 ml) gemaalde amandels
Sif al die bestanddele saam en hou in lugdigte houers.

Basiese glutenvrye bruismeel
maak 1 140 g (2 390 ml)

550 g (1 100 ml) rysmeel
275 g (690 ml) gemaalde amandels
275 g (550 ml) mielieblom
40 g (50 ml) glutenvrye bakpoeier
Sif al die bestanddele saam en hou in lugdigte houers.

Basiese glutenvrye koekmeel
maak 1 020 g (2 295 ml)

510 g (1 020 ml) rysmeel
510 g (1 275 ml) gemaalde amandels
Sif al die bestanddele saam en hou in lugdigte houers.

Vervang EIERS so

– Vervang 1 eier deur 50 ml (1 e + 1 t) vrugtepuree (ons het Purity gebruik, of kook jou eie) + 3 ml (½ t) bakpoeier. Ideaal vir sponskoeke en muffins.

– Vervang 1 eier deur 1 klein (of halwe groot) fyn gedrukte piesang. Ideaal vir piesangbrood of muffins.

– Vervang 1 eier deur 50 ml (3 e + 1 t) melk, vervang dan die koekmeel deur bruismeel en voeg 5 ml (1 t) bakpoeier vir elke 250 ml (1 k) meel in die resep by. Ideaal vir ’n klam koek of loperige beslag soos pannekoek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,620 times, 1 visits today)
Advertisements

5 thoughts on “Glutenvrye resepte”

  1. Ek is opsoek na ‘n glutenvrye vetkoekresep. Watter een van dié mengsels sal julle voorstel of gebruik julle self vir vetkoek?

    1. Ek maak my deeg met die “Gluten free, wheat free self raising flour”
      Dit kom nie so mooi soos n vetkoek gewoonlik kom nie, maar dit is die naaste aan n lekker vetkoek wat ek nog gekom het.
      Ek sal die resep plaas.

    2. Vinnige Gluten Vrye vetkoekies (suiwel opsie ook)

      2K Gluten vrye Bruismeel
      Knippie sout
      2 Eiers, geklits
      15ml Canola olie
      **Ongeveer 2 koppies melk —
      Vir n suiwel vrye opsie gebruik en Amandel melk (Almond milk)

      Meng al die meel, sout, olie met 1 koppie melk.
      Voeg nou die res van die melk bietjies bietjies by om seker te maak jou mengsel is nie te loperig nie.
      Dit moet dun genoeg of met moeite van n eetlepel af te drup.

      Bak in vlak olie, tot bruin aan die eenkant, draai om bak tot gaar.
      Dreineer goed.

      **Die vloeistof werk nie altyd presies uit met die gluten vrye gebak nie.
      ** As die mengsel te slap is gaan jy op eindig met vetkoek plaatkoekies

      Ek het gevind dat die verskillende handelsname se meel nie presies dieselfde reageer met presies dieselfde vloeistof nie.
      En as jy al n paar keer gluten vrye gebak probeer het, sal jy weet dat dit baie goed wurg droog kan wees.
      Ek moet sê ek weet nie hoeveel melk presies sal nodig wees indien jy vars melk gebruik nie.
      Ek het 15 jaar vars melk in enige vorm gebruik. (hewig allergies)

      Maar dit is nie naaste wat ek nog n behoorlike vetkoek gekom het vandat en net gluten vry bak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *