Johannes 5:39-40

Austin Higgs

DIE SENTRALE BOODSKAP VAN DIE SKRIF.

Johannes 5:39-40 leer ons: “Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie.”

Die Bybel as die Woord van God is belangrik, maar Jesus Christus is belangriker. Hy is die boodskap na Wie alle Skrif dui. Hy is die sleutel om die boodskap van God in die Bybel te ontsluit. Hy is die rede waarom die “Amen” gesê word nadat die Skrif gelees is. Jesus Christus is die sentrale en belangrikste boodskap waarop alle Skrif dui.

Jesus Christus is die middelpunt van die Skrif deurdat:
* Hy alle dinge deur Sy magswoord in stand hou – Hebreërs 1:1-3.
* Hy is God by ons, Immanuel – Mattheus 1:23.
* Hy is die Woord – Johannes 1:1.
* Hy gee die lewe in oorvloed – Johannes 10:10.

Die heel middelste vers in die Bybel word gevind in Psalm 118:8, wat ons soos volg leer: “Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.”

Daar is 365 profesieë rakende Jesus in die Ou Testament, wat in die Nuwe Testament bewaarheid is. Die sentrale boodskap van Jesus Christus loop soos ‘n goue draad deur die hele Bybel, vanaf Genesis tot Openbaring en kan opgesom word in een woord – LIEFDE. Sy Goddelike liefde het die gevolg dat mense wat in Hom glo die ewige lewe erf.

Dankie, Ewige en Almagtige God, dat U deur U Woord, die natuur en deur ondervinding tot ons spreek. Dank U, meeste van alles, dat U so helder en duidelik met ons deur Jesus Christus praat. Hou asseblief my geestelike oë en ore geopen vir U boodskap. In Jesus se Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *