Mikrogolf-koejawelpoeding

Deur Arina du Plessis

Indien verkies, kan jy die brandewyn-en-heuningmengsel met 125 ml muskadel of sjerrie vervang.

Betsanddele
6 ryp, ferm koejawels
180 ml kaneelsuiker (met strooisuiker gemaak)
1 vars suurlemoen, in wiggies gesny
125 ml brandewyn
15 ml louwarm heuning
Skinkroom of dun vla, om te bedien

Metode
Sny die koejawels in dun skywe en pak ’n lagie daarvan in ’n mikrogolf-glasbak. Sprinkel ’n bietjie kaneelsuiker en ’n paar druppels suurlemoensap oor en pak nóg ’n enkellaag koejawelskyfies bo-op. Besprinkel weer met kaneelsuiker en suurlemoensap.

Herhaal tot die koejawels op is. Meng die brandewyn en heuning goed en giet bo-oor alles. Laat staan vir 5-10 minute. Bedek die bak en sit in die mikrogolf. Mikrogolf vir vyf minute teen 100% krag (Hoog). Haal die bak uit die mikrogolf en verwyder die deksel.

Laat afkoel tot kamertemperatuur, bedek weer en verkoel oornag. Sit koud of louwarm voor met dun vla of skinkroom. Lewer 3 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 185 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *