Pampoensop

Bestanddele
680 – 900g pampoen
3 middelslagaartappels
3 groot tamaties
1.1 liter koue water
sout en peper
22ml (1 ½ E) rou rys
soutwater
‘n bietjie melk (opsioneel)
15g botter
45 – 60ml (3 – 4 E) room

Metode
Skil die pampoen en sny in groot stukke. Skil aartappels. Was tamaties, halveer en ontpit. Sit pampoen, aartappels en tamaties in ‘n kastrol koue water, geur en kook 25 – 30 minute lank stadig of tot sag.

Kook rys in soutwater tot sag, dreineer, spoel af in warm water om korrels los te maak en laat eenkant staan. Vryf sop deur sif of verwerk in voedselverwerker. Gooi sop terug in kastrol, proe en geur. Voeg ‘n bietjie melk by, indien te dik. Verhit weer, voeg rys, botter en room by. Roer goed deur en dien op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,461 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *