Pynappeltert

Bestanddele
1 pakkie pynappeljelliepoeier
250ml kookwater
1 blik (397g) kondensmelk
1 blik (440g) fyn pynappel, gedreineer
1 pakkie Tennisbeskuitjies

Metode
Los die jellie in die kookwater op en laat afkoel. Voeg die kondensmelk en pynappel by en roer goed. Pak die beskuitjies op die boom en aan die kante van ‘n reghoekige tertbak en giet die mengsel daarin. Verkrummel ‘n beskuitjie en strooi oor die tert. Laat in die yskas stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 453 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *