Smoorsnoek gereg

Bestanddele
1 groot ui gekap
30ml margarine
1 blik gesmoorde snoek
750ml gaar rys
10ml pietersielie
Sout en Peper
3 hard gekookte eiers, afgedop en in ringe gesny
1 Suurlemoen in skywe gesny

Metode
Braai die ui liggies in margarien. Voeg die rys, snoek, pietersielie en sout en peper na smaak by. Roer goed deur. Bedek en kook sowat 10 min. oor lae hitte. Gooi ‘n bietjie kookwater by indien die mengsel te droog lyk. Hou ‘n paar eierringe eenkant vir garnering en roer die res by die vismengsel in. Skep in ‘n opdienskottel en garneer met eierringe, pietersielie en skyfies suurlemoen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 278 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *