Laurna Coetzer
Ek het hierdie nagereg by die Voortrekkers leer maak toe ek nog skool gegaan het! Julle onthou seker ook die Voortrekker liedjie……..dis net n worsie, ander half duimpie, bo-op n stukkie botter en brood….of so iets….Ai hoe verlang ek nou……..
Ek weet nie wat om die resep te noem nie, julle moet hom asb doop. Ons maak dit wanneer ons braai, alhoewel ek hierdie een verlede week sommer in die oond gemaak het.
Baie Groete en Seeninge
Al wat jy nodig het is: Aluminium Foelie, Lang
Sjokolade Stafies, Malvalekkers en Piesangs.
Sny piesang in ringetjies, rangskik alles soos in die foto, draai toe en braai op die vuur oor matige kole, of in n matige oond (so 140 grade C). Behoort binne n halfuur gereed te wees.
So maklik en vinnig, tieners is gewoonlik baie gretig om dit te maak want daar’s geen skottelgoed-was aan verbonde nie!!!