Spinasietert

Kors
2 koppies (500ml) koekmeel
knypie sout
190g botter
1 eiergeel
5 eetlepels (75ml) yswater
1 teelepel (5ml) suurlemoensap
suikerboontjies

Vulsel

500g vars spinasie, wit gedeeltes verwyder, gekap
2 teelepels (10ml) botter
1 ui, gekap
1 teelepel (5ml) vars knoffel, gekap
½ pakkie (125g) spek, gekap
sout en peper na smaak
1 bakkie (250g) geroomde maaskaas
½ koppie (125ml) room
3 eiers, geklits

Stel oond op 180 ºC.

Metode
Kors:
Sif koekmeel en sout saam. Vryf botter in meel tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meel tot deeg vorm. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel 1 uur in yskas. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4mm dik en voer geskikte tertbord daarmee uit. Bak tertkors vir 15 minute. Verwyder bakpapier en boontjies. Plaas weer in oond vir nog 5 minute.

Vulsel:
Stoom spinasie tot net gaar. Verhit botter en soteer ui en knoffel daarin tot net gaar. Voeg spek by en soteer nog 5 minute. Verwyder van hitte en voeg spinasie by. Skep vulsel in gebakte tertkors en sprinkel sout en peper bo- oor. Klits maaskaas, room en eiers bymekaar, giet oor vulsel en bak 40 minute of tot in die middel gestol en goudbruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,178 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *