Tannie Minnie se Tunasoufflé

Bestanddele
2 Blikkies Tuna
1 groot ui fyn gekap
250ml Gerasperde Cheddar Kaas
2 eiers
250ml Melk
250ml Koekmeelblom
5ml Bakpoeier

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Strooi die gevlokte tuna op die boom van die gesmeerde soufflébak. Strooi die ui en dan die kaas bo-oor. Moenie meng nie. Klits die eiers en melk saam. Voeg die meel en bakpoeier by en klits goed. Giet die mengsel oor in die inhoud van die soufflébak. Bak 25 min. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 314 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *