Warm botterskorsie-en-lensieslaai

Bestanddele
500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
sout en vars gemaalde peper
1 stuk heel kaneel
60 ml (¼ k) olyfolie
250 g droë lensies, gekook (of ’n blik lensies)
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 selderystingels, in skywe gesny
sap en skil van een klein suurlemoen
60 ml (¼ k) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
15 ml (1 e) kruisementblare, fyn gekap
100 g fetakaas, in blokkies gesny

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei. Plaas die botterskorsie in die bak. Geur met die sout en peper en heel kaneel. Bedruip met die helfte van die olyfolie. Bak 20 minute of tot gaar en goudbruin. Hou eenkant. Dreineer die lensies, spoel dit af en hou dit eenkant. Verhit die res van die olyfolie en braai die ui, knoffel en seldery in ’n pan. Geur met die suurlemoensap en -skil en roer die uiemengsel by die lensies, gevolg deur die pietersielie en kruisementblare. Roer die gaar botterskorsieblokkies versigtig by en skep die slaai op ’n opdienbord.
Sprinkel die fetakaas oor en sit met ’n blareslaai voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 232 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *