Warmbrakke

Bestanddele en Metode

Maak jou eie wors soos hieronder beskryf of gaan koop jou gunsteling wors.
Week 2 lang stukke worsderms in water tot sag. Span die derms oor die tuit van die worsmaak-toestel van ’n voedselverwerker en druk dit deur tot die meeste daarvan op die tuit is. Maak ’n knoop aan die onderkant. Geur 1 kg (2 sakkies) ontvriesde, basiese maalvleismengsel met sout en peper, druk die vleis bo in die masjien in en vul die derms daarmee. Moenie te styf stop nie – die derms skeur maklik.
Draai die lang wors plek-plek ’n paar keer in die rondte om porsiegrootte worsies te vorm en die afsnyslag te vergemaklik. Maak ’n knoop aan die bokant. Braai die wors in verhitte olyfolie in ’n middelslagpan, of oor die kole.

Warmbrakke
Geur 250 g kersietamaties met sout en rooster by 180 °C in die oond tot dit begin oopbars, hou eenkant.
Braai 2 groot uie, oorlangs in dik skywe gesny, stadig in 45 ml (3 e) botter tot sag en karamelkleurig.
Sny ’n diep keep aan die bokant van 6 broodrolletjies. Sit ’n worsie in elkeen. Sit voor met die geroosterde tamaties, karameluie en avokadoskywe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 307 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *