1 Johannes 5:3-5

Austin Higgs

HELP MY OM U WIL TE DOEN (Deel 2).

1 Johannes 5:3-5 leer ons soos volg:”Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons Sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moelik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?”

Johannes bevestig en beklemtoon die volgende belangrike aspekte:
* Ek is ‘n kind van God deurdat ek glo dat Jesus die Christus is.
* Ek het die Vader lief en ook die ander lief wat kinders van die Vader is.
* Ek het die kinders van God lief deurdat ek Sy gebooie onderhou.

Omdat ons Jesus se liefde in ons harte beleef, en Hy dus dieselfde emosies as ons ervaar, kan ons die volgende advies gee aan ons mede-gelowiges:
* Om God lief te hê beteken dat ons sal doen wat Hy van ons verlang.
* Ons moet onsself deurentyd herinner aan Sy opdragte en dit uitvoer. Dis nie moeilik nie.
* Ons moet deurentyd Sy wil vir ons lewe vra.
* Daar is slegs sukses binne God se perfekte wil vir ons lewens.
* Ons lewe in oorwinning deur Jesus Christus.

Here, my hele menswees smag om U wil te doen. Help my om korrekte besluite te neem. Help my om te doen wat U wil hê ek moet doen. Sonder U hulp kan ek dit nie doen nie in Jesus Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 127 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “1 Johannes 5:3-5”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *