Romeine 5: 1 – 6

Austin Higgs

DIE REDE VIR SY OFFER.

Romeine 5:1-6: “Ons moenie aan onsself dink nie: ons moet aan ons naaste dink…wat vir…hom goed is” (vs. 2).

‘n Boer in North Carolina ry op ‘n dag dorp toe met sy twee hooggeteelde perde voor sy duur en netjiese waentjie, skryf L. G. Broughton. Hy hou voor die winkel stil, en wou net by die winkel instap, toe die perde losruk van skrik vir ‘n ongewone geraas. Hy spring dadelik voor hulle in en gryp die teuels. “Maddened by strange noises, the horses dashed down the street, the man still clinging to the bridles. On they rushed, until the horses, wild with frenzy, rose on their haunches, and leaping upon the man, all came with a crash to the earth”, beskryf Broughton die gebeure. Mense storm uit en red die man se bloeiende liggaam onder die warboel uit. Dit lyk of hy gaan sterf. ‘n Vriend buig oor hom en vra: “Hoekom het jy jou lewe gewaag en die perde nie hulle gang met die waentjie laat gaan nie?” “Gaan kyk in die waentjie,” fluister die man swakkies. Die vriend draai om en gaan kyk in die waentjie. Daar, op sagte strooi, lê die man se seuntjie en slaap. In stilte verstaan almal skielik die man se wanhopige poging om die perde tot bedaring te bring en die waentjie te behou.

In Jesus het God Homself opgeoffer om ons te red, omdat Hy ons liefgehad het. So verduidelik Jesus dit aan Sy dissipels: “…want die Vader self het julle lief…Ek het van die Vader gekom en Ek is hier in die wêreld” (Johannes 16:27,28). En die vers wat ons almal so goed ken met die verstand, maar dalk nog nie heeltemaal met die hart verstaan nie, beskryf die groot liefde van God vir ons: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16). Ons vertroue in die groot offer wat Jesus vir ons redding gebring het, maak ons kinders van God en so, soos die verhaal van die Verlore Seun dit aan ons verstand bring, word God se hart verbly en bevredig.

Here, vandag wil ek U kind wees in die groot redding wat Jesus bewerk het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 107 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *