Genesis 12:1

Austin Higgs

TIPES VAN CHRISTUSSE: ABRAHAM.

O, Abraham was ook weer iets anders: Genesis 12:1: “Die Here het vir Abram gesê: ‘Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.'”

Hierdie moes seker vir Abram ‘n kopskoot gewees het. Nou moet hy net sy goed vat en loop, weg van sy familie en die mense wat hy lief het en dan weet hy nie eers waarheen hy gaan nie. Nogtans kom God een oggend by hom en sê: Slaan maar hier jou kamp op en begin handel dryf en bou ‘n stad, want Ek is die Here jou God en Ek sê so.

Hier is Abram soos ‘n Jesus wat sy familie ook moes los en moet weggaan van sy geliefdes af en iewers ‘n nuwe lewe gaan begin – ‘n nuwe begin vir ‘n hele nuwe volk, ‘n uitverkore volk, deur die Here Self gekies en deur die Here ook Self versorg. Die Vader vra van Jesus om ook ‘n nuwe volk te begin – die kerk of die liggaam van God en dat Hy wat die Vader is, hulle Self sal versorg.

Waar Hy Jesus genoem is, word Hy nou die Christus en Abram word Abraham, die vader van menigte. Net soos Jesus God gehoorsaam het, het Abraham nie eers geweet waarvoor hy hom inlaat nie, maar het God vertrou.

Mag ons ook soos Abraham God ten volle vertrou met ons hele lewe en alles wat vir ons voorlê, al lyk die pad nie so rooskleurig nie. Maar amper meer nog, dat ons God so gehoorsaam soos Jesus, omdat ons weet God versorg en sal sorg.

Vader, uit U hande kan niemand ons ruk nie. Gee dat ons dit glo, al is ons hoe swak in Jesus Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *