Genesis 22:2

Austin Higgs

TIPES VAN CHRISTUSSE: ISAK.

Genesis 22:2: “God het vir hom gesê: ‘Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”

Nog ‘n kopskoot vir Abraham, om nou sy seun te vat en te gaan offer – om die nageslag wat God hom beloof het te gaan doodmaak. Maar dit gaan nie hier oor die gehoorsaamheid van Abraham nie, dit gaan nou oor die seun van die vader van die volk wat geoffer moet word, ter wille van die voortbestaan van die volk.

Soos Jesus, moes hy geoffer word sodat die nageslag kan voortbestaan deur die gehoorsaamheid van die vader aan God. In Jesus se geval kon hulle wel voortgaan met die offer, aangesien die Christus ook Christus is oor die dood en daarom kon die nuwe volk ontstaan en is Hy die Seun wat werklik geoffer is.

As ons na die res van Isak se lewe kyk, is hy nie aan te beveel om na te volg nie. Hy het soos sy pa vir koning Abimelek laat verstaan Rebekka is sy suster en hy het nou nie eintlik homself onderskei as die wonderlikste pa nie. Hy het nie baie van Jakob gehou nie en vir Esau voorgetrek.

Hy het Jakob verkeerd geleer en dit het veroorsaak dat Jakob dit weer met Josef gedoen het en hom voorgetrek het.

My wense vir vandag is dat ons eerder ‘n voorbeeld van Christus sal wees, as ‘n voorbeeld van mense vir ander mense. Dra die beeld van Christus en predik so die evangelie van liefde.

Vader, ons sê dankie vir ‘n mens soos Isak, wat ons leer dat ons nie ‘n Christus is nie. Help ons om eerder vir Christus na te volg. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *