AARTAPPEL ‘HASH BROWNS’

Hash Browns is ‘n Amerikaanse gereg, dié aartappelkoekies word tradisioneel met ontbyt voorgesit.

Bestanddele
500g gaar aartappels, en in 1cm blokkies gesny
30ml koekmeelblom
125g spekvleis, fyngesny en gebraai tot bros
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 eiers, geklits
5ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper
30ml botter
15ml olie

Metode
Meng die aartappelblokkies, spekvleis, koekmeelblom, knoffel, eiers, tiemie, sout en peper in ‘n mengbak saam. Verhit die botter en olie in ‘n swaarboompan. Vorm aartappelkoekies die grootte van jou handpalm. Braai tot goudbruin aan albei kante. Druk die aartappelkoekies effens plat met ‘n eierspaan terwyl gebraai word. Dreineer op handdoekpapier en sit warm voor by ‘n ontbyt. Bedien 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 704 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *