Avokado-en-spekslaai

BLOUKAASSLAAISOUS
80 g bloukaas, gekrummel
50 ml crème fraîche of suurroom
15 ml suurlemoensap
15 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na
smaak

SLAAI
4 eiers
250 g repiespekvleis
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 rooi ui, gehalveer en in skywe gesny
2 avokado’s, geskil en in skywe gesny
100 g mizunaslaaiblare, gewone slaaiblare of Engelse spinasie

SLAAISOUS
Klits die slaaisousbestanddele goed saam, bedek en hou eenkant.

SLAAI
Bring water in ’n kastrol tot kookpunt. Plaas die eiers versigtig in die water en kook 10 minute lank. Skep dit uit en kraak die doppe dadelik om te voorkom dat die eiergeel ’n  swart ring vorm. Verhit ’n droë pan oor matige hitte en braai die spek tot bros en bruin. Dreineer op papierhanddoeke en breek in stukke. Braai die soetrissierepe in dieselfde pan tot net warm. Dop die eiers af en sny dit in wiggies. Meng die eiers, spek,  soetrissie, ui, avokado’s en slaaiblare of spinasie en sit dit dadelik voor met die bloukaasslaaisous.

WENK: ’n Bloukaassous is die ideale pasmaat vir avokado en spek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 243 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *