DIE LEKKERSTE MONKEY-GLAND SOUS VIR BIEFSTUK

Ingestuur deur Tertia

Bestanddele
3 Middelslag-uie, geskil en grof gekap
15ml Kookolie
60ml Tamatiesous
60ml Worcestersous
60ml Asyn
60ml Bruin Suiker
30ml Blatjang
Knippie sout en Peper

Metode
Braai die uie in die kookolie tot ligbruin.  Voeg die res van die bestanddele by en prut sowat 2 minute. As jy die sous meer souserig verkies, verdubbel die bestanddele behalwe die uie en kookolie.  Proe net soos die in die restaurante, indien nie lekkerder nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10,418 times, 5 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *