Frikkadelle in roomsous

Bestanddele
500 g beesmaalvleis
1 ui, gerasper
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 eier, geklits
15 ml (1 e) gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper
15 ml (1 e) olie
1 blik (400 g) gekapte tamaties
250 ml (1 k) room
kapokaartappel en pietersielie vir voorsit

Metode
Meng die maalvleis, ui, knoffel, eier, kruie, sout en peper goed en vorm balletjies. Verkoel ’n halfuur in die yskas. Verhit die olie en braai die frikkadelle bruin. Verwyder uit die pan en hou eenkant. Verhit die tamaties en room saam. Geur met sout en peper en kook tot die sous effens dik is. Skep die frikkadelle in die sous en kook tot gaar. Sit die frikkadelle saam met die kapokaartappel voor. Sprinkel die pietersielie bo-oor.

Wenk
Verdik sous na smaak met maizina.
Dié gereg sal ewe lekker saam met pasta wees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 315 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *