Fudge-Appeltert

Ingestuur deur Okkie Jansesn van Vuuren

Bestanddele
200 g (360 ml) koekmeel     
100 g botter
45 ml strooisuiker         
60 ml yswater
250 ml melk            
125 ml room
4 eiergele           
2 eiers
5 ml vanieljegeursel       
75 g (95 ml) suiker
6 appels, geskil en ontklok

Fudge-sous
170 g fudge         
125 ml melk

Metode
Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel, botter en suiker in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot mengsel soos growwe seesand lyk. Voeg water by en meng tot alles in een bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 20 minute of tot ferm. Sprinkel dun lagie meel op werkoppervlak en rol deeg tot sowat 3 mm dik uit. Voer ’n broodpan van 35 x 15 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Voer uit met deeg. Bak blind vir 15 minute. Haal rys en bone uit en bak verder tot goudbruin, sowat 5 minute.Verlaag oond se temperatuur tot 160 °C. Klits melk, room, eiergele, eiers, vanielje en suiker saam tot goed gemeng. Gooi deur ’n sif in die kors. Gebruik ’n skerp mes en maak dun snytjies sowat ¾ in die appel in aan die stingelkant van elke appel. Sit appel met gesnyde kant na bo in die vlamengsel. Plaas broodpan in oondbak en vul oondbak tot halfvol met warmwater. Bedek met foelie en bak vir 50 – 60 minute of tot vulsel gestol is soos jellie.
Haal uit oond, laat effens afkoel en sit in yskas.

Fudge sous
Plaas fudge en melk in middelslag-pot en smelt oor matige hitte tot gladde mengsel. Haal afgekoelde tert versigtig uit pan en sit voor met fudge sous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 305 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *