Gebraaide, bros hoender

Bestanddele
olie vir diepbraai
375 ml (1½ k) meel
15 ml (1 e) paprika
250 ml (1 k) karringmelk
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) brandsous
30 ml (2 e) rooipeper
4 hoenderborsies, gevlek
4 hoenderboudjies
hamburgerrolletjies, blaarslaai, tamatie en aartappelwiggies vir voorsit

Metode
Verhit olie vir diepbraai in ’n pot oor matige hitte. Meng die meel en paprika in ’n groot bak. Klits die karringmelk, sout, peper, brandsous en rooipeper saam in ’n ander bak. Doop die hoenderstukke in die meel om dit te bedek en dan in die karringmelk. Laat oortollige karringmelk afdrup en doop dan weer in die meel. Wanneer die olie warm genoeg is, braai ’n klompie van die hoenderstukke. Draai een of twee keer om tot goudbruin en deurgaar. Skep met ’n gaatjieslepel uit die olie op ’n rakkie of apierhanddoeke uit. Braai die orige hoenderstukke. Sit voor met die rolletjies, blaarslaai, tamatie en aartappel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 601 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *