Glutenvrye hoenderburgers

Bestanddele
4 hoenderborsies, oopgevlek
olyfolie
4 knoffelhuisies, gekneus
sap van 1 klein suurlemoen
sout en gemaalde swartpeper
1 avokado
8 snye glutenvrye witbrood (volgens resep), gerooster
1 rooi ui, gesny
125 g (1 houer) kersietamaties, middeldeur gesny
30 g (1 pak) roketblare

Metode
Bedek die hoender met kleefplastiek en rol effens platter met ’n rolstok. Sit in ’n plastiekbak en gooi genoeg olie oor om die vleis te bedek. Gooi die knoffel en suurlemoensap by en marineer die vleis vir minstens 30 min. daarin. Verhit ’n riffelpan oor matige tot hoë hitte en braai die hoender vir 3 min. aan elke kant tot gaar. Geur na smaak. Druk die avocado fyn met ’n vurk en skep op 4 van die snye brood. Geur na smaak. Bou ’n hamburger met die hoender, ui, tamatie en roket.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 375 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *