GROENASPERSIES MET PIKANTE MAYONNAISE:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 houers groenaspersies, gewas en gesny
4 eiers, hardgekook en in kwarte gesny

Mayonnaise:
2 eiergele
1 ml sout
2 ml rissiepoeier
2 ml Engelse mosterdpoeier
45 ml suurlemoensap
375 ml sonneblomolie

Metode
Stoom die aspersies oor kookwater tot net sag of plaas aspersies in ‘n kastrol met water met ‘n bietjie sout in, bedek en laat prut totdat die lote se punte effens hang. Gooi water af.

Mayonnaise:
Plaas die eiergele, sout, rissiepoeier en mosterd in ‘n voedselverwerker en verwerk tot dik. Voeg die suurlemoensap geleidelik by en gooi die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl die voedselverwerker nog aangeskakel is.. Giet in ‘n bakkie en plaas in die yskas.. Rangskik porsies aspersies op klein bordjies en skep ‘n bietjie mayonnaise oor. Die mayonnaise wat oorbly, kan in ‘n aparte bakkie voorgesit word. Garneer met hardgekookte eiers.

Wenk:
Die mayonnaise kan tot drie dae in die yskas gebêre word. Hou die water waarin die aspersies gaargemaak is, as basis vir soppe en souse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 205 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *