Grondboontjie-en-vark-roerbraai

Genoeg vir 6

Bestanddele en Metode
Meng 20 ml (4 t) grondboontjiebotter, 15 ml (1 e) blatjang, 5 ml (1 t) heuning, 10 ml (2 t) sojasous, 60 ml (4 e) klappermelk, sap van ½ lemmetjie, 1 gekapte knoffelhuisie, 1 cm gerasperde gemmer en ½ gekapte rooirissie. Hou eenkant.

Verhit 30 ml (2 e) avokado-olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan.

Roer die helfte van die sous deur 500 g varkfilet, in repies gesny.

Braai 2 sarsies vir 3 min. elk tot goudbruin en gaar.

Gooi ’n pak klaargesnyde roerbraaigroente by, braai vir nog 3-4 min.

Verlaag die hitte en gooi die res van die sous by. Meng tot deurwarm.

Sit voor met gaar noedels en vars koljander.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 146 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *