Hoender Atchar Potjie

Bestanddele
8 – 10 hoenderdye
1 kop water
3 – 4 medium aartappels
1 blik MIAMI Mango Atchar of MIAMI Vegetable Atchar

Metode
Braai 8-10 hoenderdye tot goudbruin in pot. Gooi nou ‘n koppie water by en so 3-4 medium aartappels in blokkies. Bedek met deksel en laat prut tot amper gaar, so 30-40min. gooi nou ‘n blik MIAMI atchar by en kook vir so 10 min. NB moet niks sout / peper bygooi nie, die atchar is geurig genoeg. HEERLIK!

Wenk
Gebruik brooddeeg (wat jy sommer by Spar koop)en rol bietjie uit. Sny in blokke, smeer nou met MIAMI Sweet Tomato Relish en strooi mengsel van cheddar/mozzarella bo-op. maak dit toe soos ‘n pastei en
laat bietjie rys. Sit op rooster en braai tot gaar!!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 352 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *