Hoenderrepies met ‘n pekanneutkors

Bestanddele
4 hoenderborsies, ontbeen en ontvel
60 ml (¼ k) mielieblom
15 ml (1 e) hoenderaftrekselpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 eiers, geklits
45 ml (3 e) Bulgaarse jogurt
100 g (1 pak) pekanneute, fyn gekap
250 ml (1 k) droë broodkrummels
15 ml (1 e) fyn komyn
olie vir vlakbraai
60 ml (¼ k) mayonnaise

Metode
Sny die hoenderborsies in lang repies. Meng die mielieblom, hoenderaftrekselpoeier en sout en peper in ’n plastieksakkie. Voeg die hoenderrepies daarby en skud tot al die repies met die meelmengsel bedek is.
Klits die eiers en jogurt in ’n bakkie. Meng die neute, broodkrummels en komyn in ’n aparte bakkie.
Doop die hoenderrepies in die eiermengsel en daarna in die neutmengsel. Laat rus sowat 10 minute in die yskas. Verhit die olie en braai die repies tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Skep op met slaaiblare en noedels en bedruip met mayonnaise.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 152 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *