Oop broodjie met spek, avokado en kammossels

Wie kan nou nee sê vir ’n lekker broodjie? Die geheim hier is die avokado-smeer. Sit die broodjie voor as ligte middagete of as voorgereg.

Bestanddele
2 avokado’s
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 brandrissie
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie
6 snye ciabatta
250 g-pakkie rugspek
30 kammossels, doppe verwyder
45 ml botter
6 radyse, in kwarte gesny

Bestanddele
Plaas avokado, knoffel, ui, rissie, sap en skil van suurlemoene in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in groot
braaipan. Plaas snye brood in warm pan en braai weerskante tot goudbruin en bros, sowat 3 minute per kant. Hou eenkant. Verhit pan weer tot warm en droogbraai spek aan albei kante tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Plaas botter in warm pan en braai kammossels sowat 2 – 3 minute per kant tot goudbruin en gaar. Verdeel avokado-mengsel tussen broodjies, gevolg deur brosgebraaide spek. Pak gaar mossels en radyse bo-op. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 410 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *