Psalm 5:9

HELP MY OM U WIL TE DOEN (Deel 1).

Psalm 5:9 vertel ons soos volg: “Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om U wil te doen.”

Ons as kinders van God ervaar daagliks vyandigheid in die werksomgewing. Ons vyand, die Satan, gebruik mense om verkeerd teenoor ons op te tree – Psalm 5:10. Ons weet dat ons geveg nie teen die vlees is nie, maar teen die bose magte van die duiwel. God verdra geen onreg nie en die kwaad het by Hom geen plek nie.

Omdat Dawid ‘n persoonlike verhouding met God gehad het, het hy deur ondervinding geleer dat dit goed gaan met die regverdiges en die Here se goedheid hulle soos ‘n skild beskerm – Psalm 5:13.

Indien Dawid vandag nog geleef het, kon hy die volgende advies aan ons gegee het:
* God wil ons lei en leer.
* God wil ons die regte weg aandui.
* God wil ons lei deur ons te wys wat om te doen en reg te doen.
* God sal ons lei indien ons Hom vra en as ons Hom volg.
* God maak ons bekwaam indien ons beskikbaar is.

Here, ek het U leiding en lering in my lewe nodig. Ek bely my totale afhanklikheid van U. Ek wil volg wat U wil hê ek moet doen. Help my asseblief om U wil te doen. Sonder U Heilige Gees se inspraak in my lewe, kan ek dit nie doen nie. Dankie dat U my help om U wil te doen in Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *