Romerige oondhoender

Bestanddele
6 hoenderporsies
sout en peper na smaak
olie
2 groot aartappels, geskil en in stukke gesny
2 wortels, geskil en in stukke gesny
300 g blomkool- en broccolistukkies
1 ui, in wiggies gesny
10 ml (2 t) geroosterde kerriepoeier
250 ml (1 k) room

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak. Geur die hoender met sout en peper en braai in ’n bietjie olie tot bruin. Pak in die oondvaste bak. Pak al die groente behalwe die ui bo-op en geur met sout en peper. Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die kerrie by en roerbraai effens. Voeg die room by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Giet die kerriesous oor die hoender en groente, bedek en bak sowat 45 minute of tot die hoender gaar is. Verwyder die bedekking vir die laaste 10 minute sodat die hoender kan bruin braai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 305 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *