Tradisionele varkpens

Bestanddele:

Varkpens met ribbebene
Geskilde uie
Bruin wynasyn
Growwe sout
Swartpeperkorrels
Gerasperde neutmuskaat
Koljanderkorrels
Kookwater

Metode:

Vra jou slagter om die varkpens se vet in dun skyfies te sny (die grootte word bepaal deur die porsies wat jy wil bedien). Neem kookwater en gooi dit oor die gesnyde varkpens tot die skyfies begin ooptrek. Neem ‘n droë, skoon doek, en droog die varkpens behoorlik af.

Smeer nou die varkpens met ‘n bietjie bruin wynasyn in. Strooi met growwe sout, moenie bang wees vir baie sout nie. Maak die peperkorrels en koljander fyn in ‘n vysel en masseer dit saam met die growwe sout in die varkpens totdat jy amper geen speserye meer kan sien nie. Rasper die neutmuskaat oor, maar wees versigtig vir nie te veel nie, dit sal die kos bitter maak. Jy moet beide kante van die varkpens so behandel. Neem nou die geskilde uie en plaas dit onder die varkpens (die spekkant moet na bo wees) sodat dit die pens van die oondbak af kan lig. Gooi ‘n titseltjie water in die oondbak en maak deeglik toe met aliminium foelie.

Bak die varkpens in die oond vir 1 ½ uur tot 2 uur (afhangende van die grootte van die varkpens) teen 180˚C. Haal die varkpens uit die oond, verwyder die foelie en stel die oond op sy hoogste graad. Rooster nou die varkpens met ‘n oop oonddeur tot die vetlagie bruin en krakerig raak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,676 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *