Visvinger-wrap

Bestanddele en Metode

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel 30 ml olyfolie op ’n bakplaat en pak 12 bevrore visvingers daarop. Oondbraai sowat 30 minute tot gaar en bros. Maak intussen die sous. Kap 15 ml kappertjiesaad en 1 knoffelhuisie. Meng dit met 60 ml romerige mayonnaise en sap van ½ suurlemoen. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit 4 tortillas volgens aanwysings op pak. Plaas ’n hand vol roket op elke tortilla. Sny 2 tamaties in skywe, verdeel in 4 en pak op roket. Plaas 3 visvingers bo-op elk en skep van sous oor. Vou toe en sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 300 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *